Advertiser Building, 10 Church Street, Mossel Bay

Maandag- Donderdag 08h00-16h30 – Vrydag 08h00-16h00

044 601 9900

As een van die vooraanstaande prokureursfirmas in die Suid-Kaap, bestaan die praktyk uit Aktes, Boedel, Litigasie en Kommersiële Afdelings wat bedryf word deur vier Direkteure, vyf prokureurs en ervare toegewyde personeel, met ‘n gevestigde infrastruktuur. Bogenoemde stel die maatskappy in staat om te spesialiseer in spesifieke fasette van die reg, om sodoende ‘n beter en meer ingeligte diens aan ons kliënte te lewer.

Ons sentrale ligging in die Suid-Kaap maak die firma maklik toeganklik en beskikbaar aan ons kliënte. Die firma het ‘n lang en trotse verbintenis met die inwoners van Mosselbaai, die Suid- Kaap en die Karoo.

Laché House, 120 York Street, George

Maandag- Donderdag 08h00-16h30 – Vrydag 08h00-16h00

044 601 9900

Rauch Gertenbach bied sy kliënte spesialis dienste oor ‘n baie wye spektrum van die reg en marknavraag het tot gevolg gehad dat volwaardige Prokureurskantore, asook Fidusiêre Dienste en Boedel-beredderingskantore in beide Mosselbaai en George bedryf word.

Ons dienste is nie beperk tot ons onmiddellike omgewing nie en assosieer ons onsself met ander hoogs gekwalifiseerde regslui en diensverskaffers om sodoende dienste reg oor die land aan ons kliënte te bied.

Corner of Kaap de Goede Hoop and Bloukrans Avenue, Hartenbos

Maandag- Donderdag 08h00-16h30 – Vrydag 08h00-16h00

044 601 9900

September 2020 Rauch Gertenbach Prokureurs, wat op die vooraand van hulle eeuwording staan, brei hulle voetspoor in die groter Mosselbaai uit. Volgens Basson Piek, Bedryfshoof van die firma, was hulle aan die begin van 2020 reeds van voorneme om dié opwindende stap te neem om hulle dienste na Hartenbos en Danabaai uit te brei. Die Covid-19-pandemie het hul planne effe vertraag, maar die firma se nuwe spogkantoor in Hartenbos, hoek van Kaap de Goede Hoop-laan en Bloukransweg is nou ten volle operasioneel. Die kantoor hanteer voltyds aktes en boedels, asook litigasiedienste.

Kontak Ons